Kerke bied Etiese Menseregte-konferensie in hoofstad aan

Die Koalisie van Christelike Kerke hou ‘n Etiese Menseregte-konferensie in die hoofstad vanaf môre tot Donderdag met die tema “Preserving morality in Namibia”. Dit vind plaas by die Every Nation-kerk in die Dorado Park-woonbuurt en verwante wetgewing is ook onder die loep. Pastoor Deolinda da Fonseca, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom die Etiese Menseregte-konferensie belangrik is vir die Namibiese samelewing.