Gevolge van beurtkrag op township-ekonomie is katastrofies

Sake-eienaars in Suid-Afrika sukkel om kop bo water te hou weens beurtkrag. Eskom het verlede week die land weer in fase ses-beurtkrag gedompel, en talle sakeondernemings was daagliks byna agt ure lank sonder krag. Die woordvoerder van die Township Entrepreneurs Alliance, Bulelani Balabala, sê die gevolge van die opeenvolgende kragonderbrekings vir die township-ekonomie is katastrofies: