Vyf dood, vier vermis, 40 dakloos na ontploffing op Jersey-eiland

Nooddienste het bevestig dat die soek-en-reddingsoperasies by ‘n drie-verdieping woonstelblok op die Britse eiland Jersey nou ‘n herwinningsoperasie is. Vyf mense is dood ná ‘n ontploffing by Haut du Mont in Pier-weg, in die hoofstad, St Helier. Vier mense word nog vermis. Sowat 40 mense is dakloos gelaat in die ontploffing en die skade wat dit aan nabygeleë geboue aangerig het. Nooddienste het onderneem om eerlik en deursigtig te wees oor die herwinnings. Die eiland Jersey is sowat 130 kilometer suid van die Engelse kus geleë.