Nampol konfiskeer dwelms landwyd

Die Namibiese polisie het weer groot uitdagings met dwelms gehad. In die weeklikse misdaadverslag is ‘n 23-jarige Namibiese man en ‘n 31-jarige Namibiese vrou vas op Noordoewer vir dagga, tik en onwettige sigarette ter waarde van net minder as 57 000 Namibiese dollar. Op Aussenkehr is ‘n 35-jarige man en ‘n 32-jarige vrou, ook beide Namibiërs, gearresteer vir skunk-dagga en onwettige sigarette ter waarde van net meer as 6 300 dollar. Daar was ook beslagleggings op Swakopmund en Grootfontein, en op Outjo is twee daggatuine gevind. Daar was gevalle van dronkbestuur, roof en veediefstal maar nie een verkragting is die naweek deur Nampol aangemeld nie.