Outa sê Ramaphosa kan nie meer lei nie, ongeag of hy bedank of nie

Die Organisasie teen Belastingmisbruik in die buurland sê hetsy President Cyril Ramaphosa bedank of nie, hy is te lig bevind. Die Artikel 89-paneel het Woensdag gesê inaggenome die inligting wat voor hom geplaas is, het hy tot die gevolgtrekking gekom die president het op die oog af moontlik die Grondwet oortree. Dit hou verband met […]

Read More

Internasionale dag vir gestremdes môre, hulle sukkel plaaslik

Die VN se Internasionale Dag van Mense met Gestremdheid vind elke jaar op 3 Desember plaas. Die dag is geskep om mense te laat verstaan dat ons ‘n wêreld moet skep met geen diskriminasie teen persone met gestremdhede nie. Namibië se sambreelliggaam vir gestremdes, die Nasionale Federasie van Mense met Gestremdhede in Namibië, het ‘n […]

Read More

Twitter skort weer Kanye se rekening op

Twitter het vandag weer Kanye West se rekening opgeskort, net twee maande nadat dit weer ingestel is. Elon Musk, wat homself ‘n vrye spraak-absolutis noem, het die terugkeer van die rapper, nou bekend as Ye, na die platform in Oktober verwelkom. Musk sê hy het sy bes probeer maar West het die reël teen aanhitsing […]

Read More

Arbeid geteiken met ‘n gevaarlike slenter

Die Namibiese arbeidsministerie sê hy verneem van ‘n reeks kwaadwillige e-posse wat rond gestuur word in sy naam. Die epos bevat ‘n aanhegsel en hou blykbaar verband met nie-nakoming van wetgewing nie. Ontvangers van die epos word gemaan om dit onmiddelik uit te vee. Jeremia Namalenga, die ministerie se skakelbeampte…

Read More

Kripto: Sentrale bank-eenheid is onaanvaarbaar

Die Bank van Namibië het ‘n konsultasiedokument oor Sentrale Bank Digitale Geldeenhede, internasionaal bekend as CBDC’s gepubliseer om sy verbintenis tot voortgesette samewerking en dialoog met die industrie te toon. Die sentrale bank nooi behanghebbendes uit om insette te lewer oor hierdie konsultasiedokument. Coenie Botha, CBI Exchange se hoof uitvoerende beampte is bly dat die […]

Read More

Banke bring 50% van verstekvonnis-aansoeke

Daar was vanoggend 115 verstekvonnis-aansoeke in die mosiehof waarvan 15 reël 108 aansoeke was. Kommersiële banke het 62 van die aansoek gebring voor regters Esi Schimming-Chase en Orben Sibeya, wat die sessies hanteer het.  ‘n Totaal van 33 eiendomslenings opgeëis vir skuld van amper 29,2 miljoen Namibiese dollar. Daar is 24 lenings met uitstaande skuld van amper 5 miljoen dollar wat […]

Read More

Uutoni hou plaaslike owerheidsverkiesings dop, geen rede tot kommer nie

Die Namibiese minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni sê ampsdraers word jaarliks in plaaslike owerhede verkies. Die proses is in verskeie owerhede vertraag en in ander is daar tussengevegte en verkiesings het nog nie plaasgevind nie, soos in die hoofstad. Hy sê hy volg die proses noukeurig en op die oomblik is daar nie rede […]

Read More

Indy is volgende jaar op die silwerdoek, sweep en al

Die eerste lokprent is vrygestel vir die nuwe Indiana Jones-rolprent – The Dial Of Destiny. En wie’s terug? Harrison Ford, nou 80, en hy het sy hoed en sy sweep, meer as 40 jaar nadat hy die eerste keer Indiana Jones vertolk het. Aanhangers kan uitsien na jaagtogte, Nazi-skurke, ‘n groot rollende rotsblok en Ford wat op ‘n perd deur New York City galop […]

Read More

Kaapse mariene-vervaardiging groei vinnig, goeie ’23 voorspel

Die Stad Kaapstad sê die stad se mariene-vervaardigingsbedryf staan reg vir ‘n bedrywige 2023, met plaaslike vervaardigers wat ‘n rekord-aantal bestellings van internasionale kopers aanmeld. Oseaan-bedrywighede dra aansienlik by tot die plaaslike en wêreld-ekonomie, want meer as 90-persent van die wêreldwye handel maak van seeroetes gebruik. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê spesifiek […]

Read More

Energiekenner gesels oor Langer Heinrich

‘n Energiekenner sê die opening van die Langer Heinrich-myn is goeie nuus vir Namibië. Daar verwag dat die Langer Heinrich-myn minstens 4 persent tot die totale wêreldwye uraanproduksie sal bydra. Sy eienaar, die Australiese uraanprodusent Paladin Energy, sê die myn is op koers om ‘n beduidende speler in die nabye toekoms te wees. Die maatskappy […]

Read More