Indy is volgende jaar op die silwerdoek, sweep en al

Die eerste lokprent is vrygestel vir die nuwe Indiana Jones-rolprent – The Dial Of Destiny. En wie’s terug? Harrison Ford, nou 80, en hy het sy hoed en sy sweep, meer as 40 jaar nadat hy die eerste keer Indiana Jones vertolk het. Aanhangers kan uitsien na jaagtogte, Nazi-skurke, ‘n groot rollende rotsblok en Ford wat op ‘n perd deur New York City galop en meer. Indy se vriend Sallah, gespeel deur die Walliese akteur John Rhys-Davies, is ook terug. Harrison Ford en Kate Capshaw  het in 1984 die hoofrolle in die eerste Indiana Jones, The Temple Of Doom vertolk. The Dial Of Destiny word op 30 Junie volgende jaar vrygestel.