Outa sê Ramaphosa kan nie meer lei nie, ongeag of hy bedank of nie

Die Organisasie teen Belastingmisbruik in die buurland sê hetsy President Cyril Ramaphosa bedank of nie, hy is te lig bevind. Die Artikel 89-paneel het Woensdag gesê inaggenome die inligting wat voor hom geplaas is, het hy tot die gevolgtrekking gekom die president het op die oog af moontlik die Grondwet oortree. Dit hou verband met die beweerde toesmeerdery van ‘n misdaad op sy plaas, Phala Phala, in Februarie 2020. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê Ramaphosa sal nie ‘n goeie leier vir die land wees nie: