Kripto: Sentrale bank-eenheid is onaanvaarbaar

Die Bank van Namibië het ‘n konsultasiedokument oor Sentrale Bank Digitale Geldeenhede, internasionaal bekend as CBDC’s gepubliseer om sy verbintenis tot voortgesette samewerking en dialoog met die industrie te toon. Die sentrale bank nooi behanghebbendes uit om insette te lewer oor hierdie konsultasiedokument. Coenie Botha, CBI Exchange se hoof uitvoerende beampte is bly dat die bank begin om aanvaarding vir kripto te toon maar sê CBDC’s sal nooit aanvaarbaar wees nie.