Internasionale dag vir gestremdes môre, hulle sukkel plaaslik

Die VN se Internasionale Dag van Mense met Gestremdheid vind elke jaar op 3 Desember plaas. Die dag is geskep om mense te laat verstaan dat ons ‘n wêreld moet skep met geen diskriminasie teen persone met gestremdhede nie. Namibië se sambreelliggaam vir gestremdes, die Nasionale Federasie van Mense met Gestremdhede in Namibië, het ‘n groot mandaat om die menseregte-kwessies wat verband hou met persone met gestremdhede te bepleit en te bevorder. Ebenhard Ripunda, die voorsitter van die Namibiese Vereniging van Rolstoelgebruikers, sê aan Kosmos 94.1 Nuus watter uitdagings mense met gestremdhede steeds in die gesig staar.