Kaapse mariene-vervaardiging groei vinnig, goeie ’23 voorspel

Die Stad Kaapstad sê die stad se mariene-vervaardigingsbedryf staan reg vir ‘n bedrywige 2023, met plaaslike vervaardigers wat ‘n rekord-aantal bestellings van internasionale kopers aanmeld. Oseaan-bedrywighede dra aansienlik by tot die plaaslike en wêreld-ekonomie, want meer as 90-persent van die wêreldwye handel maak van seeroetes gebruik. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê spesifiek in Kaapstad dra die kuslyn om die metro jaarliks byna 40 miljard Suid-Afrikaanse rand by tot die bruto binnelandse produk: