Energiekenner gesels oor Langer Heinrich

‘n Energiekenner sê die opening van die Langer Heinrich-myn is goeie nuus vir Namibië. Daar verwag dat die Langer Heinrich-myn minstens 4 persent tot die totale wêreldwye uraanproduksie sal bydra. Sy eienaar, die Australiese uraanprodusent Paladin Energy, sê die myn is op koers om ‘n beduidende speler in die nabye toekoms te wees. Die maatskappy sal na verwagting in die eerste kwartaal van 2024 met produksie in Namibië begin nadat sy myn in 2018 onder sorg-en-instandhouding geplaas is weens ‘n afname in uraanmarktoestande. Ted Blom, energiekenner in Suid-Afrika, gee sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus.