Banke bring 50% van verstekvonnis-aansoeke

Daar was vanoggend 115 verstekvonnis-aansoeke in die mosiehof waarvan 15 reël 108 aansoeke was. Kommersiële banke het 62 van die aansoek gebring voor regters Esi Schimming-Chase en Orben Sibeya, wat die sessies hanteer het.  ‘n Totaal van 33 eiendomslenings opgeëis vir skuld van amper 29,2 miljoen Namibiese dollar. Daar is 24 lenings met uitstaande skuld van amper 5 miljoen dollar wat nou betaalbaar is en vyf voertuie moet terugbesorg word omdat hulle onbetaald is. Regter Hannelie Prinsloo hanteer Maandag se sessie waar 49 onverdedigde egskeidings hanteer sal word.