Wes-Kaapse tenders open vir onafhanklike kragprodusente

Die Wes-Kaapse premier, Allan Winde, sê tenders het geopen om onafhanklike kragprodusente in die provinsie aan te stel. Hy het sê die land se onbestendige energiestelsel is ‘n groot bron van kommer. Winde sê hy het bevestiging van die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, dat hulle besig is met die reeds verbeterde beurtkragstrategieë vir energievoorsiening […]

Read More

Sokker: Brasiliaanse hawe gaan na Pele vernoem word

Sokker: Die Brasiliaanse regering is van plan om die hawe in Santos na die legendariese sokkerspeler, Edson Arantes do Nascimento – aldus Pele, te vernoem. Dit is die grootste hawe in Brasilië en in Latyns Amerika. Die goewerneur van Sao Paulo het die aankondiging gemaak toe roubeklaers ‘n nagwaak vir Pele by die Urbano Caldira-stadion […]

Read More

Goeie jaar vir Namibiese landbousektor voorspel

‘n Namibiese landboukenner voorspel ‘n uitstekende jaar vir die landbousektor. Die reënseisoen behoort goeie opbrengste vir akkerbouers te bring. Vee-bemarking toon ‘n toename en die Mariental-abattoir het heropen en gaan die uitvoermark betree. Lndboukundige Wallie Roux praat met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

 Politieke kenner: Optogte gaan nie ekonomieë herstel

Die wêreld-ekonomie val uitmekaar as gevolg van die nasleep van Covid-19 en die uitwerking daarvan op die ekonomie. Die voortslepende oorlog in die Oekraïne het die pryse van goedere hemelhoog laat styg en wêreldwyd staak en hou mense protesoptogte om hul ontevredenheid te wys, maar nie in Namibië nie. Namibiese politieke kenner dr. Phanuel Kaapama […]

Read More

Kabinetskommeling kom dalk in SA

Daar is heelwat bespiegeling dat President Cyril Ramaphosa vroeg in die nuwe jaar ʼn kabinetskommeling sal aankondig. Dit volg op die ANC se nasionale kieskonferensie verlede maand. Met die adjunkpresident, David Mabuza wat nie tot die nasionale uitvoerende komitee verkies is nie, sal hy waarskynlik deur die nuutverkose adjunkpresident van die ANC, Paul Mashatile, vervang […]

Read More

 Rugby: Poemas gereed vir Bokke, All Blacks

Rugby: Argentinië sal in 2023 ʼn opwarmingstoets teen die wêreldkampioen, Suid-Afrika, speel. Die Poemas sal ook die eerste keer in vier jaar gasheer speel vir Nieu-Seeland. Die land se rugby-unie sê Argentinië sal in ʼn aangepaste rugbykampioenskap op 8 Julie in Mendoza teen die All Blacks te staan kom. Dit is weens die Wêreldbeker in […]

Read More

Steeds geen drinkwater vir vee by Oponona-meer

Daar is steeds geen drinkwater vir vee in die Oponona-meer by Uuvudhiya nie. Die oudpolitikus en ‘n direkteur in die Namibiese landbouministerie behels met watervoorsiening in die Noorde, dr. Elijah Ngurare het voor Kersfees aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar word aan die Etaka-kanaal gewerk wat ‘n bron van water is vir dié natuurlike meer. […]

Read More

Omgewingsministerie ontken swak toestand van paaie in Etosha

Daar is weer klagtes oor die toestand van paaie in Namibië se vlagskip nasionale park, Etosha. Met die toestroming van toeriste na die opheffing van die Covid-reisverbod, word gesê dat paaie vinnig versleg in die Etosha Nasionale Park vinnig versleg. Die woordvoerder van die die omgewingsministerie, Romeo Muyunda, het ontken dat die paaie agteruitgaan. Hy […]

Read More

Gewapende rooftog by Black Chain-winkelsentrum in Katutura

‘n Gewapende rooftog het vandag helder oordag by die Black Chain- winkelsentrum in Katutura in die hoofstad plaasgevind. ‘n Niksvermoedende sakeman wat glo met ‘n sak vol kontant uit sy motor geklim het om die geld by Bank Windhoek in te betaal is, is met ‘n vuurwapen gedreig en beroof. Volgens die nasionale woordvoerder van […]

Read More

Wes-Kaapse premier fokus op oplossing vir energie-krisis

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê hy gaan daarop fokus om die energiekrisis in die provinsie te verbeter aangesien beurtkrag na verwagting gaan vererger. Hy gee voorkeur daaraan om die provinsie se infrastruktuur te verbeter. Dit kom aan die begin van sy laaste jaar in die posisie. Winde sê twee nuwe departemente gaan gestig en […]

Read More