Kabinetskommeling kom dalk in SA

Daar is heelwat bespiegeling dat President Cyril Ramaphosa vroeg in die nuwe jaar ʼn kabinetskommeling sal aankondig. Dit volg op die ANC se nasionale kieskonferensie verlede maand. Met die adjunkpresident, David Mabuza wat nie tot die nasionale uitvoerende komitee verkies is nie, sal hy waarskynlik deur die nuutverkose adjunkpresident van die ANC, Paul Mashatile, vervang word. Volgens kenners is ander wat moontlik die trekpas kan kry, die ministers Naledi Pandor, Pravin Gordhan, Nathi Mthethwa, Blade Nzimande, Thulas Nxesi en Maite Nkoana-Mashabane.