Omgewingsministerie ontken swak toestand van paaie in Etosha

Daar is weer klagtes oor die toestand van paaie in Namibië se vlagskip nasionale park, Etosha. Met die toestroming van toeriste na die opheffing van die Covid-reisverbod, word gesê dat paaie vinnig versleg in die Etosha Nasionale Park vinnig versleg. Die woordvoerder van die die omgewingsministerie, Romeo Muyunda, het ontken dat die paaie agteruitgaan. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is nog net ‘n paar paaie wat beskadig is, maar die ministerie is besig om al die paaie te rehabiliteer.