Steeds geen drinkwater vir vee by Oponona-meer

Daar is steeds geen drinkwater vir vee in die Oponona-meer by Uuvudhiya nie. Die oudpolitikus en ‘n direkteur in die Namibiese landbouministerie behels met watervoorsiening in die Noorde, dr. Elijah Ngurare het voor Kersfees aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar word aan die Etaka-kanaal gewerk wat ‘n bron van water is vir dié natuurlike meer. Hy het toe gesê na verwagting sal die reënseisoen water-invloei bring. Boere in die streke van Oshana en Omusati het ‘n noodkreet uitgestuur dat water uit die Oshandja-dam in Omusati na die meer gepomp word, wat sowat 70 kilometer vanaf die Etosha-pan geleë is. ‘n Kleinskaalse boer naby Ondangwa in die Oshana-streek, Ileni Nandjato, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die situasie intussen nie verander het nie.