Wes-Kaapse premier fokus op oplossing vir energie-krisis

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê hy gaan daarop fokus om die energiekrisis in die provinsie te verbeter aangesien beurtkrag na verwagting gaan vererger. Hy gee voorkeur daaraan om die provinsie se infrastruktuur te verbeter. Dit kom aan die begin van sy laaste jaar in die posisie. Winde sê twee nuwe departemente gaan gestig en verskeie veranderings in sommige sektore aangebring word.