Sokker: Brasiliaanse hawe gaan na Pele vernoem word

Sokker: Die Brasiliaanse regering is van plan om die hawe in Santos na die legendariese sokkerspeler, Edson Arantes do Nascimento – aldus Pele, te vernoem. Dit is die grootste hawe in Brasilië en in Latyns Amerika. Die goewerneur van Sao Paulo het die aankondiging gemaak toe roubeklaers ‘n nagwaak vir Pele by die Urbano Caldira-stadion bygewoon het. Die president van Fifa, Gianni Infantino en verskeie ander senior sokkerbeamptes het die waak bygewoon. Pele word vandag tydens ‘n privaatgeleentheid in Santos begrawe.