Wes-Kaapse tenders open vir onafhanklike kragprodusente

Die Wes-Kaapse premier, Allan Winde, sê tenders het geopen om onafhanklike kragprodusente in die provinsie aan te stel. Hy het sê die land se onbestendige energiestelsel is ‘n groot bron van kommer. Winde sê hy het bevestiging van die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, dat hulle besig is met die reeds verbeterde beurtkragstrategieë vir energievoorsiening in die metro.