Rugby: Poemas gereed vir Bokke, All Blacks

Rugby: Argentinië sal in 2023 ʼn opwarmingstoets teen die wêreldkampioen, Suid-Afrika, speel. Die Poemas sal ook die eerste keer in vier jaar gasheer speel vir Nieu-Seeland. Die land se rugby-unie sê Argentinië sal in ʼn aangepaste rugbykampioenskap op 8 Julie in Mendoza teen die All Blacks te staan kom. Dit is weens die Wêreldbeker in Frankryk verminder tot net ses wedstryde. Die wedstryd teen die Springbokke vind op 29 Julie plaas.