Politieke kenner: Optogte gaan nie ekonomieë herstel

Die wêreld-ekonomie val uitmekaar as gevolg van die nasleep van Covid-19 en die uitwerking daarvan op die ekonomie. Die voortslepende oorlog in die Oekraïne het die pryse van goedere hemelhoog laat styg en wêreldwyd staak en hou mense protesoptogte om hul ontevredenheid te wys, maar nie in Namibië nie. Namibiese politieke kenner dr. Phanuel Kaapama gee sy mening in dié verband aan Kosmos 94.1 Nuus.