Gewapende rooftog by Black Chain-winkelsentrum in Katutura

‘n Gewapende rooftog het vandag helder oordag by die Black Chain- winkelsentrum in Katutura in die hoofstad plaasgevind. ‘n Niksvermoedende sakeman wat glo met ‘n sak vol kontant uit sy motor geklim het om die geld by Bank Windhoek in te betaal is, is met ‘n vuurwapen gedreig en beroof. Volgens die nasionale woordvoerder van die Namibiese polisie, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, is inligting nog skaars en sy wag nog op die ondersoekbeamptes se verslag.