Craft Bistro skors hul stakende werkers

Craft Bistro in die Craft Centre in die Windhoekse middestad het al hul werknemers met volle betaling geskors nadat hulle gestaak het. Die ontevrede werkers het hul werkgewer daarvan beskuldig dat hy nie betyds hul salarisse betaal het nie. ‘n Dissiplinêre proses word nou verwag. Craft Bistro het ook ‘n klag aanhangig gemaak teen die NEFF-aktivis, Michael Amushelelo, wat sedert die staking sy gewig agter die werkers gegooi het. Amushelelo is pas deur die Namibiese polisie in hegtenis geneem.