Brasilië neem hoëlui in hegtenis

Die hoogste hof in Brasilië het opdrag gegee dat die hoof van openbare veiligheid in die hoofstad en ander senior staatsamptenare in hegtenis geneem moet word in verband met die bestorming van regeringsgeboue Sondag. Anderson Torres was minister van justisie in die regering van die voormalige regsgesinde President, Jair Bolsonaro, voordat hy oorgeneem het as veiligheidshoof van Brasilia. Die voormalige bevelvoerder van die militêre polisie, wat reeds in verband met die voorval afgedank is, is ook in hegtenis geneem. Die onluste in die hoofstad het gevolg ‘n week nadat Luiz Inácio Lula da Silva as President ingehuldig is. Honderde betogers is ook in hegtenis geneem.