Atletiek: Quinton-Steele Botes-oefenkamp ‘n reuse-sukses

Atletiek: Die 30ste jaarlikse Marathon Sugar Quinton-Steele Botes-oefenkamp wat tans aan die gang is by Affiespark by die Wanderers-sportklub in die hoofstad, word as uiters suksesvol beskryf. Die oefenkamp wat Maandag begin het en môre eindig, het meer as 280 atlete en 50 afrigters gelok. Uitstekende afrigters van so ver as Nederland en Suid-Afrika help Namibiese atlete, sê organiseerder Leonie van Rensburg aan Kosmos 94.1 Nuus.