SA se kabinetskommeling moet boodskap teen korrupsie wees  

Die politieke ontleder, Ralph Mathekga, sê President Cyril Ramaphosa se boodskap in Suid-Afrika moet baie duidelik wees oor wie hy in die kabinet aanstel. Die President gaan volgens berigte  aan die einde van die maand ‘n kabinetskommeling doen. Mathekga sê Ramaphosa moet ’n doelgerigte kabinet aanstel wat uitdagings soos die voortslepende elektrisiteits-krisis duidelik aanspreek.  Hy sê die President moet wegbly van individue wat met enige oortredings of korrupsie verbind word, want dit sal lei tot ‘n onmiddellike geloofwaardigheids-krisis.