Brandstofsmokkelary in Noorde gedy

Ondanks die verlaging van brandstofpryse in Namibië, het die smokkel van onwettige brandstof in die Noorde egter skerp toegeneem. Vulstasie-eienaars is gefrustreerd en kwaad oor die gebrek aan beheer by die grens tussen Namibië en Angola. Brandstof-smokkelary vanaf Angola na Namibië is ‘n groot kopseer vir vulstasie-eienaars in die Noorde. William Shilamba, bestuurder by die nuwe Okatana-winkelsentrum en -diensstasie op Ondangwa, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat motoriste net hul tenke met genoeg brandstof volmaak om Oshikango te haal om weer hul voertuie op die grens vol te maak.