Windhoek Stadspolisie hou padgebruikers dop

Die Windhoekse Stadspolisie sê dit sal padgebruikers wat deur rooi verkeersligte ry, straf. Om deur rooi verkeersligte te ry is uiters gevaarlik en kan tot ongelukke en sterftes lei. Met behulp van kringtelevisie-kameras sal die Windhoekse Stadspolisie enigiemand wat oortree, kan monitor en toepaslike stappe doen. Stad Windhoek-polisiehoof, Abraham Kanime sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle hou padgebruikers nou met ’n valk-oog dop.