Krieket: Dewald Brevis lei MI Kaapstad na oorwinning  

Krieket: Dewald Brevis het die kalklig gesteel toe MI Kaapstad die Paarl Royals op ʼn volgepakte Nuweland gemaklik met agt paaltjies verslaan het in die SA20 se openingswedstryd. Paarl is beperk tot 142 vir sewe met Jos Buttler se 51 die hoogste telling, terwyl Jofra Archer drie paaltjies geneem het. Cape Town het die teiken bereik met nog 27 balle oor met die 19-jarige Brevis wat ‘n onoorwonne 70 gemoker het. Die tuisspan se paaltjiewagter, Ryan Rickelton, sê dit was ʼn goeie begin.