Stad Tshwane se dwelm-eenheid keer smouse vas

Die Stad Tshwane sê volgehoue werk deur die dwelm-eenheid van die metropolisie het ʼn blywende uitwerking op dwelmverspreidings-netwerke. Dit volg nadat twee Nigeriese burgers in Booysens aangekeer is vir die besit en handel in dwelms ter waarde van 95 000 Suid-Afrikaanse rand. Die woordvoerder van die stad, Sipho Stuurman sê die burgemeester, Randall Williams doen ʼn beroep op alle inwoners om hulle by te staan om dwelm-verwante misdaad hok te slaan deur relevante inligting aan wetstoepassings-agentskappe te rapporteer.