Ramaphosa moet kabinetslede met visie aanstel

‘n Politieke ontleder in die buurland, Ongama Mtimka, sê President Cyril Ramaphosa moet nuwe politici in sy kabinet insluit wat ‘n visie het vir oplossings vir Suid-Afrikaners. Daar word wyd bespiegel dat Ramaphosa ‘n kabinetskommeling sal aankondig vóór sy staatsrede wat Donderdag plaasvind. Die adjunk-president, David Mabuza, wat in Desember deur Paul Mashatile as die […]

Read More

Pakistanse oudpresident sterf in hospitaal in Dubai

Pakistanse oudpresident Pervez Musharraf is vanoggend dood ná ‘n lang siekbed in ‘n hospitaal in Dubai, ná jare in selfopgelegde ballingskap. Pakistan se weermag en die land se missie in die Verenigde Arabiese Emirate het die sterfte aangekondig van die 79-jarige voormalige weermaghoof. Die voormalige vierster-generaal, wat in 1999 tydens in ‘n vreedsame staatsgreep mag oorgeneem het, het die land […]

Read More

Mev. Heelal Namibë bring toekennings terug huis toe

Ansua Hammerslaght, Namibië se verteenwoordiger by die Mevrou Heelal-kompetisie wat die naweek in Sophia, Bulgarye plaasgevind het, bring twee toekennings terug huis toe. Sy het ‘n Dapperheidstoekenning gewen, asook ‘n toekenning vir die beste aanbieding oor gesinsgeweld. 

Read More

Dagga-beskuldigde vry op borgtog van N$4 000

Die 25-jarige-bestuurder van ‘n Volkswagen Golf R wat met een kilogram dagga in sy voertuig op die B1-pad tussen Otjiwarongo en Okahandja in hegtenis geneem is, is vrygelaat op borgtog. Landdros Karel Muyeghu het borgtog van 4 000 Namibiese dollar aan Romeo Goagoseb in die landdroshof op Otjiwarongo toegestaan. Aanklaer Toini Amuthitu het nie borgtog […]

Read More

Transnet kry privaat-vennoot vir Durban/Johannesburg-korridor

Die DA verwelkom Transnet se besluit om ‘n privaat-vennoot in te bring om die Durban/Johannesburg-korridor vir 20 jaar te bestuur. Die party doen ‘n beroep op die instelling om die geleentheid plaaslik én in die buiteland te adverteer om kundigheid te verkry en om te verseker dit is ‘n deursigtige en verantwoordbare proses. Ghaleb Cachalia […]

Read More

China vies oor VSA sy ballon afskiet

China se ministerie van buitelandse sake het sy ontevredenheid uitgespreek nadat ‘n beweerde Chinese spioenasie-ballon langs die Amerikaanse kus afgeskiet is. Die Amerikaanse President, Joe Biden het vroeër toestemming gegee dat die ballon vernietig word sodra dit oor die see is sodat geen mense in gevaar gestel kan word nie. ‘n Militêre vliegtuig het die […]

Read More

Krieket: Pretorial Capitals seëvier met een paaltjie

Krieket: Pretoria Capitals het MI Cape Town Saterdagaand in hul SA20-kragmeting met een paaltjie geklop. Kaptein Wayne Parnell en Josh Little moes hulle bene rek met die laaste aflewering om MI Cape Town se telling van 159 verby te steek. Vir die besoekers het Rassie van der Dussen 51 van 26 balle af bygedra. Pretoria […]

Read More

Meatco-bespreking ontaard in rasseherrie

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sê hy is baie teleurgesteld oor die rasse-inslag wat die bespreking oor Meatco ingeneem het. Hy sê dit moet ‘n bespreking bly oor hoe dit in openbare belang die beste opgelos kan word. Schlettwein sê dit is kommerwekkend dat daar geen verbetering is in die benarde finansiële situasie van Meatco, ‘n kommersiële entiteit […]

Read More

Drie raadslede van SA Toerismeraad bedank

Drie raadslede van die Suid-Afrikaanse Toerismeraad het bedank te midde van die omstredenheid oor die Tottenham Hotspur-borgskapvoorstel. Die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, het die bedanking van Enver Duminy, Ravi Nadasen en Rosemary Anderson aanvaar. Die verwikkeling is aangekondig net na Suid-Afrikaanse media onthul het SA Toerisme se tussentydse finansiële hoof, Johan van der Walt, […]

Read More

Oekraïne kry miljoene energie-besparende LED-gloeilampe

Oekraïne het begin om miljoene gewone gloeilampe met energie-besparende LED-lampe te vervang. Dit vorm deel van ‘n projek wat die Europese Unie befonds om te help met energie-tekorte weens Russiese aanvalle. Moskou het maande lank stelselmatig Oekraïne se energie-netwerk geteiken en miljoene mense is in die middel van die winter donkerte en koue gelaat. Die […]

Read More