Transnet kry privaat-vennoot vir Durban/Johannesburg-korridor

Die DA verwelkom Transnet se besluit om ‘n privaat-vennoot in te bring om die Durban/Johannesburg-korridor vir 20 jaar te bestuur. Die party doen ‘n beroep op die instelling om die geleentheid plaaslik én in die buiteland te adverteer om kundigheid te verkry en om te verseker dit is ‘n deursigtige en verantwoordbare proses. Ghaleb Cachalia van die DA voer aan die versuim om privatisering by staatsondernemings na te volg, sal korrupsie laat voortduur en die finansiële las op belastingbetalers verhoog.