Pakistanse oudpresident sterf in hospitaal in Dubai

Pakistanse oudpresident Pervez Musharraf is vanoggend dood ná ‘n lang siekbed in ‘n hospitaal in Dubai, ná jare in selfopgelegde ballingskap. Pakistan se weermag en die land se missie in die Verenigde Arabiese Emirate het die sterfte aangekondig van die 79-jarige voormalige weermaghoof. Die voormalige vierster-generaal, wat in 1999 tydens in ‘n vreedsame staatsgreep mag oorgeneem het, het die land na vinnige ekonomiese groei gelei en probeer om liberale waardes in die konserwatiewe Moslemland in te lei. Musharraf het vir baie jare sterk steun geniet, met sy grootste bedreiging Al-Kaïda en ander militante Islamiete wat hom minstens drie keer probeer doodmaak het. Sy volgehoue steun van die Verenigde State in sy stryd teen Al-Kaïda en die Afghaanse Taliban het uiteindelik tot sy ondergang in 2008 gelei.