Drie raadslede van SA Toerismeraad bedank

Drie raadslede van die Suid-Afrikaanse Toerismeraad het bedank te midde van die omstredenheid oor die Tottenham Hotspur-borgskapvoorstel. Die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, het die bedanking van Enver Duminy, Ravi Nadasen en Rosemary Anderson aanvaar. Die verwikkeling is aangekondig net na Suid-Afrikaanse media onthul het SA Toerisme se tussentydse finansiële hoof, Johan van der Walt, is gekoppel aan ‘n agentskap wat in die voorgestelde driejaar-kontrak met Tottenham genoem word. Dit sou byna een miljard Suid-Afrikaanse rand gekos het. Duminy beplan om aan te bly as uitvoerende hoof van Kaapstad Toerisme.