Meatco-bespreking ontaard in rasseherrie

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sê hy is baie teleurgesteld oor die rasse-inslag wat die bespreking oor Meatco ingeneem het. Hy sê dit moet ‘n bespreking bly oor hoe dit in openbare belang die beste opgelos kan word. Schlettwein sê dit is kommerwekkend dat daar geen verbetering is in die benarde finansiële situasie van Meatco, ‘n kommersiële entiteit nie, wat deurslaggewend is in die Namibiese veesektor is. Dit volg ná kommentaar op sosiale media dat daar ‘n agenda is om Meatco te laat ondergaan om die belange van abattoirs in privaat besit te bevorder. Die voormalige adjunk-minister van werke en vervoer, James Sankwasa, beskuldig wit boere daarvan dat hulle nie bereid is om ekonomiese voordele in die vleissektor met swart boere te deel nie weens die stigting van Savanna Beef.