Oekraïne kry miljoene energie-besparende LED-gloeilampe

Oekraïne het begin om miljoene gewone gloeilampe met energie-besparende LED-lampe te vervang. Dit vorm deel van ‘n projek wat die Europese Unie befonds om te help met energie-tekorte weens Russiese aanvalle. Moskou het maande lank stelselmatig Oekraïne se energie-netwerk geteiken en miljoene mense is in die middel van die winter donkerte en koue gelaat. Die EU het in Desember gesê hy sal die aankoop van 30 miljoen LED-gloeilampe vir Oekraïne befonds. Meer as 750 000 gloeilampe is binne drie dae vervang en ses miljoen sal volgende week na Oekraïnse streke gestuur word.