Dagga-beskuldigde vry op borgtog van N$4 000

Die 25-jarige-bestuurder van ‘n Volkswagen Golf R wat met een kilogram dagga in sy voertuig op die B1-pad tussen Otjiwarongo en Okahandja in hegtenis geneem is, is vrygelaat op borgtog. Landdros Karel Muyeghu het borgtog van 4 000 Namibiese dollar aan Romeo Goagoseb in die landdroshof op Otjiwarongo toegestaan. Aanklaer Toini Amuthitu het nie borgtog teengestaan nie. Goagoseb het sy eie verdediging in die hof behartig. Volgens die Namibiese polisie is die dagga met ‘n straatwaarde van 50 000 Namibiese dollar onder die voertuig se bestuurdersitplek gevind. Die saak is tot 16 Mei uitgestel vir verdere polisie-ondersoeke.