Krieket: Pretorial Capitals seëvier met een paaltjie

Krieket: Pretoria Capitals het MI Cape Town Saterdagaand in hul SA20-kragmeting met een paaltjie geklop. Kaptein Wayne Parnell en Josh Little moes hulle bene rek met die laaste aflewering om MI Cape Town se telling van 159 verby te steek. Vir die besoekers het Rassie van der Dussen 51 van 26 balle af bygedra. Pretoria Capitals is steeds bo aan die punteleer.  Dit is onwaarskynlik dat MI Cape Town na die halfeindronde gaan deurdring met nog slegs een wedstryd oor teen Joburg Super Kings môre op die Wanderers.