Hokkie: Namibiese spanne vandag in aksie by Binnenshuise Wêreldbekertoernooi

Hokkie: Die Internasionale Hokkie-federasie se Binnenshuise Wêreldbekertoernooi skop vanoggend in die Heartfelt-arena in Pretoria, Suid-Afrika, af. Die Namibiese vroue- en manspan speel vandag hul eerste wedstryde. Margreth Mengo lei die vrouespan en David Strauss is die kaptein van mans. Die vrouespan speel vanmiddag om half-vier teen Kazakstan en die mans kom om 16:40 teen Nederland […]

Read More

Riruako kry meeste stemme as opperhoof van Ovaherero

Die verkiesing van ‘n opperhoof vir die Ovaherero Tradsionele Owerheid, die OTA, het nadat dit ‘n dooiepunt bereik het, deur geheime stemme plaasgevind. Die senaat het bepaal dat die verkiesing wat sedert Saterdagoggend op Otjimbingwe uitgerek is, deur geheime stemme bepaal word, nadat ‘n ‘n blokstem vir die 29 kiesafdelings waaruit die kommando bestaan, afgekeur […]

Read More

Mabuza sê Ramaphosa aanvaar sy bedanking

Die Suid-Afrikaanse adjunk-president David Mabuza sê President Cyril Ramaphosa het sy bedanking aanvaar. Mabuza het aan roubeklaers by ‘n begrafnisdiens in Mpumalanga gesê hy stem saam met Ramaphosa dat hy moet bedank sodat die nuutverkose ANC adjunk-president, Paul Mashatile kan oorneem.  Mashatile word môre as lid van die Parlement ingesweer in aanloop tot Ramphosa se […]

Read More

Rusland en Oekraïne ruil gevangenes uit

Oekraïne het 63 Russiese soldate vrygelaat as deel van ‘n ooreenkoms wat die Verenigde Arabiese Emirate onderhandel het. Altesaam 116 Oekraïnse burgers is ook vrygelaat terwyl gevegte in die oostelike stad Bhakmoet voortwoed.  Die Russiese ministerie van verdediging sê  mense wat hy beskryf as “deel van  ‘n sensitiewe kategorie”, is ook by die ooreenkoms ingesluit. […]

Read More

Rugby: Weghol-sege vir Stormers oor Haaie

Rugby: Die Stormers het ses drieë ingeryg met hulle weghol-oorwinning van 46-19 teen die Haaie in ‘n Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd in Durban. Die Kaapstadse span se eerste drie is in die derde minuut aangeteken toe Herschel Jantjies oorgeduik het.  Manie Libbok, wat 14 punte met sy skopskoen bygedra het, is as die speler van die wedstryd […]

Read More

Volksmoord: Duitsland moet ophou wegskram

Afstammelinge van die Nama-Ovaherero-volksmoord in Namibië sê Duitsland moet ophou wegskram en reparasies direk met hulle bespreek. Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Nama Tradisionele Leiers-vereniging sleep die Namibiese regering hoërhof toe omdat dit versuim het om die beginsels van die 2006-parlementêre besluit oor die volksmoord te respekteer. ‘n Aansoek is in die hoërhof gebring […]

Read More

AfriForum eis duidelikheid oor sokkerklub-sage

AfriForum het sy kommer uitgespreek oor SA Toerisme se planne om Tottenham Hotspur-sokkerklub oor 36 maande vir sowat een miljard Suid-Afrikaanse rand te borg. Die burgerregte-organisasie het ‘n prokureursbrief aan die organisasie gestuur waarin hy duidelikheid eis oor die bron van die geld en of die sosio-ekonomiese uitdagings van burgers oorweeg is. Die sport- en […]

Read More

Woede ontvlam voor Nigeriese verkiesing

Daar is slegs drie weke oor voor Nigerië se presidensiële verkiesing en groot kontant- en brandstof-tekorte veroorsaak openbare woede en spanning tydens veldtogte. Daar sal op stemdag op 25 Februarie besluit word wie President Muhammadu Buhari se opvolger gaan wees. Die voormalige weermag-bevelvoerder tree na twee ampstermyne uit. Die hoof-kandidate is Bola Tinubu van die […]

Read More

SA Rugby gaan bloukaart-harsingskuddingstelsel instel

Rugby:  SA Rugby gaan binnekort ‘n bloukaart-harsingskuddingstelsel vir plaaslike wedstryde instel. ‘n Skeidsregter sal ‘n bloukaart aan ‘n speler wys as harsingskudding ná ‘n besering vermoed word en die speler moet dan die veld verlaat. Die geval moet op die SA Rugby-aanlyn bloukaart-portaal aangemeld word. Die maatreël is van toepassing op alle plaaslike toernooie, insluitend […]

Read More

Namibiese ambassadeur spreek Europese parlement toe oor bewaringsjag

Die Namibiese ambassadeur in België, Nederland, Luxemburg en die Europese Unie, dr. Mekondjo Kaapanda-Girnus, het deelgeneem aan samesprekings oor die positiewe rol van jagters in die Europese parlement. Sy het vir konsultasies gevra voordat Europese lande ‘n verbod plaas op die invoer van jagtrofeë. Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, meen sy het in haar goed […]

Read More