Ses selfmoorde aangemeld – Nampol

Die probleem van selfmoorde in Namibië, wat op ‘n besonder hoë koers is in vergelyking met die klein bevolking, het duidelik in die kollig gekom nadat nie minder as ses gevalle in die afgelope week aangeteken is. Volgens die polisie se misdaadverslag is daar ook een poging tot selfmoord aangemeld. Meeste van die selfmoorde was […]

Read More

Kry kaart vir sakekern-parkering

Die bekendstelling van die nuwe parkeerbetalingstelsel in Windhoek se sentrale sakekern is met gemengde reaksies ontvang, wat die uiteenlopende menings weerspieël van motoriste wat gemiddeld nagenoeg 1 000 Namibiese dollar aan parkering per maand opdok. KeyPlot Investment wat die tender gekry het vir parkeerbestuur, sê hulle het KP-kaarte bekendgestel, wat motoriste uit hul rekeninge kan […]

Read More

Toesmeer-veldtog met ondersoek na Kinnear-sluipmoord

Die Kaapse Forum beskuldig die SAPD daarvan dat hulle versuim om op te tree volgens die aanbevelings van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat oor die sluipmoord op die vermoorde Wes-Kaapse hoof van die polisie se anti-bende-eenheid, Charl Kinnear. Die forum glo dit is ‘n bedrieglike toesmeer-veldtog, wat daarop dui dat daar dalk dieper misdadigheid in die polisiediens […]

Read More

Gaza-Isreal oorlog: Meer as 1 100 dood

Israel het oorlog teen Hamas verklaar ná die verrassende inval uit Gaza, terwyl die dodetal tot meer as 1 100 gestyg het. Eerste minister Benjamin Netanyahu waarsku dat ʼn lang en moeilike oorlog voorlê, ʼn dag nadat Hamas duisende vuurpyle op Israel afgevuur het. Invallers het ook op burgerlikes geskiet en minstens 100 gyselaars geneem. […]

Read More

Eerste Etosha-karnaval beloof iets vir almal

Die Etosha-karnaval wat vir die eerste keer volgende jaar aangebied gaan word deur die toerisme-ministerie, in samewerking met die Ondonga Tradisionele Owerheid, sorg vir groot opwinding in die noorde. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê die karnaval het ten doel om toerismeprodukte, aanbiedings en nuwe markte te diversifiseer om meer plaaslike reisigers te lok, […]

Read More

EFF moet verduidelik oor Shivambu se geld

Die onlangse sanksie teen die adjunk-president van die EFF Floyd Shivambu deur die etiekkomitee van die Parlement het gemengde reaksie uitgelok. Die komitee het bevind Shivambu het die etiekkode verbreek omdat hy nie die 180 duisend Suid-Afrikaanse rand verklaar het wat hy van sy broer se maatskappy, Sgameka Projects, gekry het nie. Drie betalings is […]

Read More

Dodetal in Gasastrook styg steeds

Die Palestynse Gesondheidsministerie sê die dodetal in die Gasastrook het vanoggend tot minstens 313 gestyg met die Israeli weermag wat lugaanvalle uitvoer op Hamas-teikens. Die ministerie, wat deur Hamas beheer word, het aan AFP gesê byna twee duisend mense is gewond. Die gevegte het gister begin nadat Hamas duisende vuurpyle afgevuur het op Israel in […]

Read More

Junior Koortz stel sy beste tyd op in Italië 

Die Namibiese karting kampioen Cecil Koortz Junior is tans besig om in Italië deel te neem aan die ROK-bekertrofee. Dit is ‘n enkele byeenkoms, gemik op bestuurders van regoor die wêreld en alle kategorieë. Volgens die organiseerders is hierdie kompetisie vir diegene wat op soek is na ‘n nuwe uitdaging aan die einde van die […]

Read More

Ministerie waarsku weer teen renosterstropery

Die omgewingsake-ministerie rig weer ‘n waarskuwing dat deelname aan renosterstropery in Namibië ernstige gevolge het, en doen ‘n beroep op die publiek om vermeende voorvalle by die polisie of die ministerie aan te meld. Die ministerie sê die regsbank besef die erns van hierdie misdaad en die impak wat renosterstropery op bewaring en die gepaardgaande […]

Read More

Konferensie skyn lig op veiligheid van pasiënte, personeel

Suid-Afrika berei voor om op 19 Oktober die elfde Gehaltebestuur- en pasiëntveiligheidkonferensie by die Gallagher-konvensiesentrum in Midrand aan te bied. Afgevaardigdes uit die gesondheidsorgbedryf en voorste kenners sal vernuwende idees ondersoek, gemik op die vermindering van wanpraktykvervolging en kliniese nalatigheid. Die voorsitter van die konferensie, Jacqui Stewart, het aan Newzroom Afrika gesê daar sal gefokus […]

Read More