Junior Koortz stel sy beste tyd op in Italië 

Die Namibiese karting kampioen Cecil Koortz Junior is tans besig om in Italië deel te neem aan die ROK-bekertrofee. Dit is ‘n enkele byeenkoms, gemik op bestuurders van regoor die wêreld en alle kategorieë. Volgens die organiseerders is hierdie kompetisie vir diegene wat op soek is na ‘n nuwe uitdaging aan die einde van die ROK-beker Italia, of vir diegene wat wil voorberei vir die ROK-beker Superfinaal. Cecil se pa en afrigter, Cecil Koortz, sê dis ‘n moeilike uitdaging maar Junior kwyt hom besonder goed van sy taak.