Wang Hui ontsnapping: Twee beamptes skuldig
Plaaslike media berig dat twee van die drie beamptes van die korrektiewe diens wat geskors is na die renosterhoring-smokkelaar Wang Hui ontsnap het, is skuldig bevind. Hulle is skuldig bevind aan pligversuim. Die ondersoek na die gedrag van die derde beampte is nog nie voltooi nie. Die twee beamptes is boetes opgelê en sal weer […]
Veeboere, die reën en dieresiektes
Alhoewel reënval verligting bring, word dit ook geassosieer met verskeie faktore wat veeproduktiwiteit en plaasinkomste negatief beïnvloed. Daar is gevare wat vee se gesondheid en voeding raak waarvoor boere versigtig moet wees en maniere moet vind om die gevolge daarvan te vermy of te verminder. Kosmos 94.1 Nuus het met Mariental-veearts Dr. Andreas Gaugler gesels […]
Onderstepoort belowe 90 000 perdesiekte-entstowwe
Die DA in Gauteng sê die hoofbestuurder van Onderstepoort Biologiese Produkte het hom daartoe verbind om teen die einde van die maand te voldoen aan hul teiken om jaarliks 90 000 eenhede entstof teen Afrika-perdesiekte te lewer. Luvuyo Mabombo het die onderneming uitgespreek op ‘n onlangse openbare geleentheid wat die DA gereël het oor die […]
Oud-Wallabieskaptein vra dringende ingryping na Wêreldbeker ramp
Australië se voormalige kaptein, Stephen Moore, vra dringende ingryping om dié sport in die land te red nadat die Wallabies die eerste keer ooit nie die Wêreldbekertoernooi se groepsfase oorleef het nie. Hulle is uitgeskakel toe Fidji teen Portugal verloor, maar steeds ʼn bonuspunt verdien het. Moore sê indien hulle wel naelskraaps die kwarteindronde gehaal […]
Afronaut mik ruimte toe
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap in Pretoria het sy visier ingestel op die toekoms van ruimtereise. Die agentskap is aktief betrokke by pionierswerk met innovering en samewerking met internasionale ruimteprogamme om die moontlikheid van ruimte-ontdekking te bevorder. Die bestuurder van Wetenskaps-betrokkenheid, Daniel Matsapola, sê dit is deel van hulle strategie om grense te verskuif en ruimtereise ‘n werklikheid vir Suid-Afrika te […]
Volhoubaarheid moet met kwesbares begin
Soos die wêreldbevolking 8 miljard mense bereik, doen die Verenigde Nasies ‘n beroep op solidariteit om volhoubare ontwikkeling vir almal te bevorder. Deur volhoubare ontwikkelingsdoelwitte te bereik, menseregte te lewer en niemand agter te laat nie, kan ‘n wêreld ingelui word waarin al 8 miljard mense kan floreer. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement Ekonomie […]
Beter voedselstandaarde na skoolkinders sterf
Die African Transformation Movement doen ‘n beroep op die ANC-regering om streng regulasies in te stel om voedselveiligheidstandaarde te verbeter. Die pleidooi volg ná ‘n tragiese voorval waar twee kinders hul lewens verloor het nadat hulle verouderde kos geëet het wat by ‘n plaaslike spaza-winkel in Soweto gekoop is. Die ATM se nasionale woordvoerder, Zama Ntshona, benadruk die behoefte aan omvattende sektorregulasies. Ntshona sê […]
Meer as 2 400 dood in skudding in Afghanistan
Die dodetal na Saterdag se aardbewings in Afghanistan het tot meer as 2 400 gestyg terwyl duisende mense beseer is. Die regerende Taliban beskryf die skuddings as die dodelikste in jare terwyl die Amerikaanse Geologiese Opname dit op 6,3 vasgestel het. Meer as 1 300 geboue is beskadig of vernietig. Die middelpunt van die aardbewings was sowat […]
Duitse kiesers kap Scholz se koalisie
Duitsers het in twee belangrike kiesafdelings in Beiere en Hesse kanselier Olaf Scholz se wankelrige koalisie ʼn slag toegedien, met ekonomiese probleme en vrese oor migrasie wat die opposisie-konserwatiewes en verregses ʼn voorsprong gegee het. Daar word berig die verregse Alternatief vir Duitsland-party het sy beste uitslag ooit in ʼn westelike staat in Hesse behaal en tweede […]
Wet oor staatsinligting weer in die nuus
Kritici van die omstrede Suid-Afrikaanse Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting vra duidelikheid oor dié wetsontwerp se lot. Hulle eis dat dit heeltemal geskrap word, maar daar is geen reaksie uit die Parlement nie. President Cyril Ramaphosa het dit in 2020 terugverwys en kommer oor die grondwetlikheid aangevoer. Oudpresident Jacob Zuma het in 2013 dieselfde gedoen. Kritici vra nou […]