Dodetal in Gasastrook styg steeds

Die Palestynse Gesondheidsministerie sê die dodetal in die Gasastrook het vanoggend tot minstens 313 gestyg met die Israeli weermag wat lugaanvalle uitvoer op Hamas-teikens. Die ministerie, wat deur Hamas beheer word, het aan AFP gesê byna twee duisend mense is gewond. Die gevegte het gister begin nadat Hamas duisende vuurpyle afgevuur het op Israel in ‘n dagbreek-verrassingsaanval. Israel se weermag sê hy mik daarna om al sy burgers binne 24-uur te ontruim uit gebiede naby die Gasastrook. Die weermag het tien-duisende soldate ontplooi om te veg teen Palestynse militante wat Israel ingesypel het.