Konferensie skyn lig op veiligheid van pasiënte, personeel

Suid-Afrika berei voor om op 19 Oktober die elfde Gehaltebestuur- en pasiëntveiligheidkonferensie by die Gallagher-konvensiesentrum in Midrand aan te bied. Afgevaardigdes uit die gesondheidsorgbedryf en voorste kenners sal vernuwende idees ondersoek, gemik op die vermindering van wanpraktykvervolging en kliniese nalatigheid. Die voorsitter van die konferensie, Jacqui Stewart, het aan Newzroom Afrika gesê daar sal gefokus word op die versterking van gesondheidsorgveerkragtigheid en volhoubaarheid in Afrika. Die sluit stategië in om pasiënte en personeel veilig te hou.