Borg: CBI se Coenie en sy vrou hoor vanmiddag

Coenie Botha en sy vrou Charlotte Murove sal na verwagting vanmiddag uitvind of hulle borg sal kry of nie. Die twee het reeds op 2 April argumente in die Windhoek-laerhof gelewer in hulle formele borgaansoek wat oorspronklik op 20 Maart aangehoor sou word. Botha en sy vrou, van CBI Exchange, word van bedrog van 160 miljoen Namibiese dollar verdink. Hulle het volgens die staat die bankinstellingswet oortree. Die twee is op 11 Maart by Buitepos gearresteer en is sedertdien agter tralies.