Meer as 50 000 Russiese soldate in oorlog dood

Meer as 50 000 Russiese soldate het gesneuwel sedert die inval in Oekraïne in Februarie 2022. Die syfer is bevestig deur BBC Russian, die onafhanklike mediagroep Mediazona en vrywilligers wat die sterftes tel. Onder dié wat dood is 27 300 soldate wat hulle lewens in die tweede jaar van die konflik verloor het. Na wat berig word het Rusland die afgelope 12 maande sy vleismeulstrategie versterk, wat verwys na die manier waarop vlae soldate sonder genade ingestuur word om die magte van Oekraïne te probeer uitput.