Windhoek se waterbronne onder erge druk

Stad Windhoek sê NamWater het watertoevoer na die stad van 75 persent tot 40 persent van die wateraanvraag verminder. Die munisipaliteit voeg by dat die akwifer se vlakke met gemiddeld 75 meter gedaal het, hoofsaaklik as gevolg van uitgebreide pompaktiwiteite sedert Mei verlede jaar. Inwoners moet ‘n minimum van 10 persent spaar maar die teiken is nog nie gehaal nie. Die Stad kom ook onder skoot omdat hy nog geen veldtog in die verband van stapel gestuur het nie, ten spyte van beloftes deur die uitvoerende hoof Moses Matyayi aan Kosmos 94.1 Nuus dat die veldtog in Februarie geloods sou word. Op die oomblik benut die stad herwinning, die akwifer en verskeie boorgate.