SA veral in finansiële krisis – Giwusa

Die algemene bedrywe-vakbond, Giwusa, sê terwyl inflasie effens verstadig het, bly die pryse van basiese items soos kos, klere en higiëne-produkte hoog. Die jongste Verbruikersprys-indeks toon ‘n 5,3-persent oorhoofse styging in pryse tussen Maart verlede jaar en Maart vanjaar. Die vakbond sê dit is ‘n teken van ‘n verdiepende finansiële krisis. Koketso Phasha van Giwusa vra regeringsingryping teen die stygende koste en om verdere ekonomiese ongelykheid en moontlike maatskaplike opstand te keer: