Ses vas vir grootste goudroof ooit in Kanada

Vyf mans is in Kanada in hegtenis geneem en een in Amerika, in verband met Kanada se grootse goudroof ooit. Daar is ook beslag gelê op tientalle vuurwapens wat verband hou met die saak, wat beamptes beskryf as iets wat hoort in ‘n Netflix-reeks. ‘n Totaal van 6 600 goudstawe, ter waarde van sowat 290 miljoen Namibiese dollar, en meer as 37 miljoen dollar in kontant, is ‘n jaar gelede uit ‘n vragfasiliteit by Toronto se Pearson Internasionale Lughawe gesteel. Die diewe, wat met ‘n 5-ton vragmotor by die lughawe aangekom het, het ‘n egte lugredery-vragbrief gewys – maar een wat die vorige dag vir ‘n seekosbestelling gebruik is. Hulle sal eersdaags in die hof verskyn.