EU skenk aan onderwys

Die Europese Unie se verhouding met Namibië is op ‘n uitstekende voet. Die EU het onlangs miljoene Namibiese dollar aan die onderwysministerie gegee vir die ontwikkeling van vroeë kinderontwikkeling-sentrums. Die projek, die EU-sektorbegrotings-ondersteuningsprogram in vroeë kinderonderwys, sal vir die volgende drie jaar loop, asook die hernuwing van ‘n projekvennootskap met UNICEF. Ana Beatriz-Martins, die ambassadeur van die EU in Namibië, gee ‘n uiteensetting van die borgskap.